CHRISTELIKE OPVOEDING VAN VOLWASSENES
DIE BEHOEFTES EN NATUUR VAN VOLWASSENES
Volwassenheid is die langste fase van ‘n mens se lewe, gewoonlik meer as twee maal so lank soos kindertyd en jeugtyd saam. In die bestudering van enige ouderdomsgroep, praat ons gewoonlik van ‘gemiddelde’ of ‘normale’ mense. Maar geen twee mense is identies nie, alhoewel ooreenkomste bestaan.
Die wêreld van volwassenes
Volwassenes leef vandag in ‘n wêreld wat vinnig verander. Die verandering self is nie noodwendig die bedreiging nie, maar eerder die spoed waarteen dinge verander. Ons het nie meer die tyd om by al die veranderinge in ons leeftyd aan te pas nie. Ons moet, as individue en families, leer om met die menigte etiese, politiese, opvoedkundige, fisiese, tegniese en weteskaplike veranderinge wat ons lewens konstant binnedring, aan te pas. Soos gekonstataar deur Theodore Hesburgh en ander,
ie veranderende natuur van ons gemeenskap vereis van feitlik alle inwoners om nuwe vaardighede en intellektuele oriëntasie te verkry. Formele onderrig van jeug en jong volwassenes, voorheen aan gedink as ‘n inenting wat onkunde in latere leeftyd sal voorkom, word nou as onvoldoende in sigself beskou, om mense al die opvoedkundige leiding te verskaf wat hulle ‘n leeftyd sal onderhou.”
Verandering kenmerk die lewens van volwassenes vandag. Isolasie en eensaamheid is toenemend algemene sielkundige wanverskynsels. Veranderinge op wetenskapterrein verstom as as ons onsself projekteer in die dekade vorentoe. Laserkommunikasie, kloning, orgaanoorplantings, bio-terugvoer is nie meer vreemde woorde in die volwasse woordeskat nie al is dit aanvanklik aan ons oorgedra deur die vermaaklikheidsmedia; vandag beskryf dit realiteit.
Die toename in die volume van inligting is fenominaal. Ontspanningstyd het nuwe betekenis gekry in vandag se volwass wêreld. Die vyftig- en sestig-uur werkweek van vroeër is teruggesny na veertig ure en ‘n dertig- tot vyf-en-dertig-uur werkweek mag die nuwe norm word. Dit het ‘n toename in ontspanningstyd teweeggebring en gevolglik nuwe geleenthede vir volwassenes. Om na-ure en aftrede bevredigend en produktief te maak, het ‘n nuwe prioriteit geword. Soos wat lewensverwagting styg, is dit nie die verlenging van jare wat die probleem word nie, maar hoe om daardie jare te gebruik. Volwassenes verdien meer aandag, soos J.R. Kidd sê:
Ons het onderde studies oor die kind; die van een week oud, die kind van twee weke oud, die kind van ses maande. Daar is ook oneindige hoeveelheid boeke oor persoonlikheidsverandering in kinders, oor gesondheid, intellektuele ontwikkeling en honderde ander aspekte. Ons het talle studies oor die verskillende fases van adolessensie. In die afgelope jare het daar al meer studies oor ouer mense, veral die van gevorderde ouderdom, die lig gesien. Vir die middeljare is daar maar ‘n handvol hoogs gespesialiseerde verslae, maar daar is feitlik niks wat die volle lewensontwikkeling van die mens met begtip hanteer nie – ten minste nie sover dit opleiding aangaan nie. Dit is amper asof ons aanneem dat alle volwassenes dieselfde is; dat hulle teen dieselfde pas ontwikkel en in dieselfde rigtings, op dieselfde vlak.
Volwassenheid
Een van die hooftake van volwasse onderrig en veral volwasse Christelike onderrig, is om hulle te leer om ‘n vol, produktiewe lewe te lei, waarin gesondheid en die materiële nie geïgnoreer word nie, maar gesien word as van minder belang as ‘n verhouding met God en jou medemens. Volwassenheid beteken die ontwikkeling van die individu tot ‘n volkome persoon in terme van geestelike, fisieke, sosiale, emosionele, kulturele en beroepsfasette. Volwassenheid is ‘n proses wat insluit om ‘n betekenisvolle bestemming te hê en goed gerigte, goed gedissiplineerde, verantwoordelike optrede, bedoel om die persoon by daardie bestemming te bring. Die doel van Christelike onderrig is om mense te help om te groei tot verantwoordelike, selfgemotiveerde, winsgewende en tevrede mense. Soos Paul Bergevin sê: “Ons as volwassenes het nodig om te weet. Ons het nodig om intelligent te reageer op wat ons weet. Ons het nodig om te leer onm onsself te dissiplineer, om verantwoordelik te aanvaar vir en iets te sê te hê vir die dinge wat ons vorm.” Om te groei in genade en kennis van die Verlosser; selflose towyding tot die ontwikkeling van ander; om te dink, te skep, probleme op te los; om werklik te verstaan dat nie onsself is nie, maar Christus wat in ons leef, wat die verskil maak; dit is waaroor Christelike volwassenheid gaan.
Die volwasse student se behoeftes
Met die konsep van volwassenheid in gedagte, is die volgende saak van belang vir die dosent, om die behoeftes van die volwasse studente te bepaal. William Adams stel voor dat daar slegs twee basiese universele menslike behoeftes bestaan: alomteenwoordigheid en alwetendheid. I.t.v. alomteenwoordigheid, bedoel Adams die behoefte aan onbeperkte mag om jou lewe, gesondheid en bestemming te beheer. Alwetendheid verwys na die behoefte van intieme en absolute kennis van dinge, omstandighede en verhoudinge.
‘n Meer praktiese manier om behoeftes te definieer, veral in die onderrig-realm, is wat Bergevin beskryf as die simptomatiese, aangevoelde en werklike opvoedkundige behoeftes. ‘n Simptomatiese behoefte is een wat ‘n individu as fundamenteel beskou, maar wat eintlik periferaal is en nie werklik die probleem gaan oplos nie, maar selfs kan vererger. Hierdie behoefte is een wat die individu beskou as absoluut noodsaaklik vir sy welstand of die welstand van ander. Soms kan hierdie behoefte wel ‘n werklike behoefte wees, maar dikwels is dit steeds sekondêr tot die werklike behoefte. Oor jare was daar dikwels studente wat gevoel het dat hulle meer kwalifikasies benodig om hul posisies in die kerke of skole te versterk, omdat hulle minderwaardig voel. Die werklike behoefte was egter beter vaardighede in menseverhoudinge en kommunikasie.
‘n Werklike behoefte in terme van onderrig, is iets wat ‘n volwassene in kortkom en kan verkry deur ‘n leerproses. Die volwasse dosent moet sensitief en hulpvaardig wees in die identifisering en assistering van volwassenes in die vervulling van hul werklike behoeftes.
Werklike behoeftes wat volwassenes het, sluit in fisieke behoeftes, behoefte aan sekuriteit, waarde, prestasie en kreatiwiteit.
Fisieke behoeftes:
Dit is die maklikste identifiseerbaar; elkeen ken die behoefte aan slaap, voedsel, water en oefening. Vir sommige volwassenes is die versorging van die uiterlike ‘n obsessie. Ons jeug-
georiënteerde gemeenskap met die klem op voorkoms en fisieke energie, het fisieke behoeftes opgehef na die nommer een prioriteit in baie individue se lewens. Daar is ook die ander uiterste, waar die liggame wat God ons gegee het nie slegs verwaarloos word nie, maar selfs misbruik. ‘n Gesonde balans in die identifisering en vervulling van fisieke behoeftes moet die nodige aandag kry in volwasse Christelike onderrig.
Sekuriteit:
Almal wil veilig voel. Dit is nie net waar in die fisieke realm nie, maar ook op sielkundige en sosiale vlak. Ons wil almal aanvaar word deur die mense om ons, daarom sal die meeste mense neig om die gemiddelde aanvaarde ding te doen t.o.v. kleredrag, aktiwiteite en gedrag. Daar is veiligheid in die groot massa. Daar is ook veiligheid in om te behoort. Ons behoort aan organisasies, families en sub-groepe binne ‘n gemeenskap. Hierdie sekuriteit van ‘behoort aan’ help ons om aanvaar en goedkeur te voel. Ander mense skep sekuriteit deur die materiële en sekuriteitsmaatreëls soos versekeringspolisse en wette wat ons beskerm. Die Skrif leer dat al is hierdie maatreëls sinvol uit menslike perspektief, is ons grootste sekuriteit te vinde in ‘n werklike verhouding met God deur Christus Jesus en dit behoort op die voorgrond te wees van Christelike onderrig of volwasse bedieninge.
Waarde:
‘n Volgende algemene behoefte by volwassenes, is om deur ander gewaardeer en selfs bewonder te word. Bewyse van waardering van ander antwoord die vraag: wat is ek werd ? – en het verreikende implikasies vir persoonlikheidsontwikkeling. Waarde is ‘n motief vir diens en ‘n sterk dryfveer wat bevrediging soek.
Prestasie:
Baie bestuursliteratuur van vandag wys dat sekere behoeftes in die lewe van vandag is onderhoud-georiënteerd, veral op fisieke en ekonomiese vlakke. Die hoër vlak is die van erkenning en prestasie. ‘n Persoon word meer gemotiveer as hy seker is dat hy groei in kennis, sosiale verhoudinge, vaardighede, houdings en prestasie op beroeps- en geestelike gebied. ‘n Belangrike beginsel van alles wat geskep is, is groei. Waar groei ontbreek, volg die dood vinnig. Selfs in die later jare van volwassenheid, is dit diegene wat ‘n gesonde groei-ondervinding onderhou wat nie net oorleef nie, maar floreer.
Kreatiwiteit:
Die Skrif leer dat ons na die Beeld van God gemaak is en een van die duidelikste eienskappe wat God in die heelal ingebou het, is Sy kreatiwiteit. Ons benodig veiligheid en ‘n gevoel van waarde; ons het nodig om te voel ons bereik iets; en ons moet sorg vir ons fisieke behoeftes. Maar moontlik die sterkste dryfkrag wat ons het, is die behoefte aan nuwe ondervindinge, die ontwikkeling van nuwe vriendskappe en belangrike nuwe verhoudinge. Ondervindinge wat eens nuut was, raak roetine; praktyke wat baanbrekerswerk was, word ‘n ritueel; kennis wat eens opwindend was, raak ook roetine. God is ‘n God van kreatiwiteit en ‘n groot behoefte heers onder die gelowiges om voortdurend te groei op kreatiewe gebied.
Volwasse ontwikkeling
Dit is nie meer ‘n geheim hoe kiinders groei en ontwikkel nie. Vanaf ouderdom twintig en ouer is daar egter beperkte data. Robert Havighurste se, “Die middeljare is ‘n onbekende terrein vir die sosiale wetenskaplike. Alhoewel hy goed bekend is met die lengte en breedte en diepte van die kinderjare en adolossensie en breedvoeringe ondersoeke gedoen is na die gevorderde jare, is kennis omtrent die middeljare beperk tot ‘n klein hoeveelheid hoogs gespesialiseerde kennis verkry van huwliksberaders, sielkundiges en maatskaplike werkers – verkry van klein en nie-verteenwoordigende groepe van middeljarige mense.”
Ons weet dat mense fisies vinnig ontwikkel in die eerste drie jaar en dan weer vanaf twaalf tot sestien. Verder weet ons dat tussen ouderdomme sestien en twintig die finale fisieke volwasse-wording geskied, met die skelet, hoof spiergroepe en senustelsel wat maksimum kapasiteit bereik. Dit is van hierdie punt af verder wat die volwasse wêreld van lewe en groei moet aandag kry. Volwassenheid word vir hierdie studie in vier tydperiodes ingedeel: jong volwassenheid (18-34), jonger middel-volwassenheid (35-49), ouer middel volwassenheid (50-64) en ouer volwassenheid (65 en ouer).
JONG VOLWASSENHEID:
In jong volwassenheid (18-34), het individue unieke behoeftes. Deur die periode van adolossensie het hulle gestoei met die konsep van identiteit. Hoe goed hulle met hierdie begrip gevaar het, beïnvloed die res van hul volwasse lewe. Deur jong volwassenheid is die klem en krisis die area van interpersoonlike verhoudings en intimiteit met ander. Hierdie intimiteti sal vir osmmige die vorm van ‘n huwelik en die opsit van ‘n huis aanneem. Vir ander neem die die vorm aan van intieme persoonlike vriendeskappe wat sal lank duur. Hierdie intimiteit behels die oopmaak van jouself vir ‘n ander, sonder die vrees van verwerping of seerkry. Dit is ‘n kritieke en broos stadium van die lewe. Die invloed van vriende op hierdie kruispad is van uiterste belang, staan slegs tweede in rang na die van adolossensie. Jong volwassenes probeer houvas kry op hul verhoudinge met die teenoorgestelde geslag en die huwelik. Hulle ontwikkel in selfonderhoud, die begin van ‘n beroep en leer hoe om hul fisieke en emosionele ontwikkeling te hanteer, wat op hierdie stadium ‘n piek bereik. Daar is ‘n verskeidenheid subkulture in die jong-volwassene-groep. Dit sluit in kollegas, beroepsomgewing, ontspanning en buitengewone subkulture. Elkeen van hierdie groeperings bring jong volwassenes van gemeenskaplike belangstellings, behoeftes en potensiaal byeen. Meeste van hierdie jongmense woon in stedelike gebiede.
MIDDEL-VOLWASSENHEID
Die middeljare-groep kan in twee groepe verdeel word: die jonger-middeljare (35-49) en die ouer middeljare (50-65). Dit is die groep waaroor die minste geskryf is, die minste bestudeer is en moontlik die groep met die grootste behoeftes het van almal. Hulle is nie te jonk nie en ook nie te oud nie. Baie stereotipes word aan die middeljare geheg. Die ouer- sowel as die jonger middeljare- mense is verantwoordelik vir die betaling van rekening, grootmaak van kinders, probleemoplossing en leierskap in die huis, kerk en gemeenskap. Alhoewel alle ouderdomme basiese behoeftes besig, is die primêre behoeftes van die middeljarige volwassenes toegeneendheid / liefde, sekuriteit en prestasie. Meer as die helfte geskeide mans en vrouens is tussen die ouderdomme 30 en 35, dus aan die einde van jong volwassenheid en die begin van middelvolwassenheid en dit spel ‘n hele paar kritieke bekommernisse, wat insluit fisieke, verstandelike, emosionele, sosiale en geestelike behoeftes. Fisiek bereik die jong volwassene ‘n tyd waar stamina en krag voortgaan met onopmerkbaar min afname. Teen die later stadia van jong middeljare en met ingang van ouer middeljare, word ‘n stelselmatige afname in krag en stamina beleef. Die meeste ouer middeljariges wil dit nie graag erken nie en sal soms verby hul vermoë probeer beweeg in ‘n poging om hulself te probeer bewys. Ooglopende fisieke eienskappe is gewigstoename en haarvermindering by mans en die verlies van die jongmeisie-figuur by vroue.
Die helderheid van verstand duur voort. Irving Lorge kom tot die slotsom dat alhoewel die spoed waarmee kennis opgedoen word afneem met toename in ouderdom, verander intellektuele vermoëns gladnie vanaf ouderdom twintig tot sestig nie. Die afname, sê hy, is hoofsaaklik te wyte aan verstadigde reaksietyd en sig- en gehoorvaardighede. Op fisiese terrein by middeljarige volwassenes, word probleme in verband met natuurlike degenerasie ondervind, maar ook verwaarlosing van vaardighede. Die houding teenoor verdere onderrig, groei en lewe is van kardinale belang.
Sosiaal gesproke krimp die vriendekring en aktiwiteite word stiller as in die middel-volwasse jare. Gedurende die jonger middeljare kom die kinders tot adolossensie en berei voor vir huwelike. Deur die ouer middeljare verlaat die kinders wat eens lewe aan die huishouding verskaf het, die huis en vestig hul eie huishoudings. Die “leënes-sindroom” word nou ‘n faktor. Al hierdie verandering vra vir aanpassing by die middeljarige volwassene.
Op emosionele vlak kan die middeljare ‘n tyd van baie veranderinge wees. Tydens die jonger middeljare bereik beroepe hul piektyd. Betrokkenheid buite die huis, in die werk en kerk, verskaf hul eie vorm van druk. Daar is toenemde besorgdheid oor liggamlike gesondheid, vrienskappe en veranderinge t.o.v. werk en vriende.
Op beroepsvlak bereik die jonger en ouer middeljarige persoon gewoonlik ‘n relatiewe mate van werksbevrediging en sukses en vorder op die pad van ‘n gedefinieerde of algemene lewensplan. Presies die teenoorgestelde kan egter ook waar wees. Daar kan algemene frustrasie en angstigheid bestaan oor die lewe en die werk en baie beroepsveranderinge kan plaasvind, met gepaardgaande spanning. Dit is ‘n tyd van waardebepaling, t.o.v. werk, familie, vriende, geestelike lewe en selfs die kriteria vir sukses. Dit is ‘n tyd waarin Christelike onderrig, in verhouding met die volwassene, uitgevoer word op ‘n kreatiewe, persoonlike en relevante manier as die werklike behoefte van die middeljarige volwassene werklik te kan vervul.
OUER VOLWASSENHEID
Die ouer volwassene in vandag se kultuur word uitgedaag met unieke uitdagings en insigte. Dinge het dramaties verander in die laaste twintig tot dertig jaar. ‘n Nuwe wêreld van insigte is beskikbaar en al meer studies word geloods om te help met die proses van onderrig aan die ouer volwassene.
Die lewensverwagting is nou gemiddeld 70 jaar vir mans en 78 vir vroue. Omtrent ‘n tiende van die populasie is oor 65 en dit word daagliks meer. Die mobiliteit van vandag beïnvloed die ouer volwassene ook. Kinders het vandag ‘n groter waarskynlikheid om grootouers in die lewe te hê, maar sien hulle net met spesiale geleenthede. ‘n Langafstand-oproep is beter as geen kontak hoegenaamd nie, maar dit is ‘n swak vervanging vir ‘n ouma van om haar kleinkinders op haar skoot te kan vashou.
Ouer volwassenes neem die deel aan die werksmag soos wat hulle in die verlede gedoen het nie. Vroeë aftrede op 65 en regeringsprogramme soos ‘social security’ en mediese sorg-instansies het ‘n mate van onafhanklikheid vir ouer persone gebring. Al is die regering se programme in die moeilikheid, het dit tog ‘n minimale mate van ondersteuning vir ‘n groot aantal persone gebring.
‘n Volgende verwagte situasie wat ouer volwassenes te wagte kan wees, is dat in die nabye toekoms, ongeveer 60% van alle afgetredenes ‘n bejaarde ouer of familielid gaan hê vir wie se sorg hulle ten minste gedeeltelik voor verantwoordelik gaan wees. Dit sal nie alleen ‘n ekonomiese impak op die ouer volwassene hê nie, maar ook ‘n unieke uitdaging bied vir die kerk, wat verantwoordelik is vir die versorging van medegelowiges.
Fisies is die ouer volwassene in ‘n periode van agteruitgang en kan selfs siekte of gestremdheid in die gesig staar. Genesing vat langer, gesig en gehoor verswak en organe verloor hul effektiwiteit. Die bene is nie meer so stabiel nie en stamina neem af. Handelinge 12:1-8 beskryf hierdie verouderingsproses.
Verstandelik is die meeste ouer volwassenes steeds in staat om te leer, maar sukkel meer met geheue. Hulle reaksies verstadig en in ‘n klaskamer-situasie kan allerhande vorme van onvermoë hulle tot passiwiteit bring. Mense met gehoorverlies kry die swaarste, omdat dit nie maklik opgemerk word deur ander nie. Dit laat hulle uitgesluit voel en beïnvloed hul emosies.
Op sosiale vlak is die ouer volwassene intens bewus daarvan dat baie van hul intieme vriende ook oud is of gesterf het en dit laat hulle nog meer alleen as wat hulle wil wees. Hulle is bewus daarvan dat jonger mense hul plekke in die korporatiewe omgewing oorgeneem het, sowel as leierskapposisies in die kerk. Sommige kan dit as ongevoelige toe-eiening van die jonger garde beskou.
Emosioneel kan dit ‘n tyd van eensaamheid en frustrasie wees, omdat hulle die vermoë en helderheid van verstand besit om te weet wat aangaan, maar onvermoë om by die jongmense by te bly. Baie aanpassings is nodig in hierdie tyd: aftrede, liggaamlike veranderinge, verlies van lewensmaats, verandering in verblyf-omstandighede, veranderde rolle in leierskap, beroep, sosiale verantwoordelikhede en die onvermydelike feit van dood.
Ouer volwassenes is ook bewus van die feit dat wanneer jonger mense sterf, daar ‘n nog groter belewenis van verlies is; maar wanneer die dood ‘n ouer persoon neem, is die gevoel van verlies veel minder. Dit kan ‘n mate van wanhoop by ouer mense bring. Dood is ook heelwat meer onpersoonlik as wat dit voorheen was. Meeste bejaardes sterf vandag in versorgingsoorde, hospitale en soortgelyke instansies, teenoor vorige generasies waar die bejaardes en siekes dikwels gebonde was tot die huis eerder as instansies.
Op geestelike gebied is ouer volwassenes dikwels die ‘pilare van die kerk’. Hulle vermoë om te bid, die ondervinding wat hulle gehad het, hulle wandel met die HERE en hul gewoonte van getroue bywoning van eredienste dien as groot uitdaging vir die res van die kerkfamilie. In die geestelik realm behoort hulle geleentheid te kry om bydraes te lewer en so nuttig te voel. Die Christelike lewe is ‘n proses, nie ‘n pakket nie. Die ouer volwassene het nie ‘gearriveer’ nie, maar is in die proses van voortdurende groei en ontwikkeling en vertroue raak selfs meer belangrik op hierdie ouderdom.
Volwassenes, selfs die ouer volwassene, verteenwoordig ‘n wye spektrum in terme van geestelike ontwikkeling. Sommige het Christus op ‘n latere ouderdom ontmoet, alhoewel hierdie persone in die minderheid is. Sommige het Hom vroeër al ontmoet, maar het weinig gegroei. Tog wil die meeste volwasse Christene vaardig wees in kennis en begrip van die Skrifte. Hulle het nodig om te weet wat die Bybel sê, wat dit beteken en hoe dit op hulle van toepassing is. Volwassenes wil ook weet wat hulle glo en hoekom hulle dit glo. Baie soek vir iets wat die moeite werd is om hulle aan toe te wy, of in die geval van die van ver gevorderde jare, waar hulle hul besittings aan kan oorgee.
‘n Volgende sorg by meeste volwassenes is die rol van die kerk in hul persoonlike lewe, hul families, hul gemeenskap en die wêreld in geheel. Hulle wil weet waar hulle staan as individue en as ‘n groep in God se groot plan van die eeue. Een bemoediging in ons tyd is die geleentheid vir senior volwassenes om Christus te dien in bedieninge of organisasies wêreldwyd.
Volwassenes soek vir antwoorde op vrae wat in die daaglikse lewe ontstaan t.o.v. alle aspekte van die lewe, met spesiale klem op praktiese aspekte. Effektiewe dosente wat die Woord ken en hul studente ken, beplan hul onderrig met spesifieke objektiewe in gedagte.
Volwassenes is ‘n diverse groep mense met werklike behoeftes en groot potensiaal. Middel-volwassenheid is die mees verwaarloosde ouderdomsgroep in die kerkgemeenskap. Soos dinge huidiglik in die wêreld verloop, gaan die ouer-volwasse populasie teen toenemende getalle groei. Die voorsiening van behoeftes en kreatiewe maniere om Christen-volwassenes te help om hul potensiaal maksimaal kan bereik, bied ‘n groot uitdaging vir Christen-dosente.
